Matlockiet
Matlockiet | |
---|---|
Formule | PbFCl |
Kleur | kleurloos, liggeel |
Glans | adamantyn, perlagtig |
Hardheid | 2,5 - 3 (Mohs) |
Digtheid | 7,12 g/cm3 |
Smeltpunt | 601 C |
Optiese eienskappe | |
Transparansie | deursigtig, deurskynend |
Dubbelbreking | eenassig |
RI-waardes | nω = 2.150 nε = 2.040 |
Kristallografie | |
Ruimtegroep | P4/nmm |
Strukturbericht-kode | E0₁ |
Eenheidsel | a = 4.11 Å, c = 7.23 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Matlockiet is 'n seldsame sekondêre loodmineraal met formule PbFCl.
Dit word in Suid-Afrika in die silwermyngebied Argent, naby Delmas in Mpumalanga aangetref.[1]
Struktuur
wysigDit het 'n tetragonale struktuur wat die argetipe is van die strukturbericht-klassifikasie se E0₁-struktuur.[2]
Die loodatoom het 'n negevoudige omringing wat as 'n enkelvoudiggekapte vierkantige antiprisma beskryf kan word. Aan een kant het die atoom 'n vierkant van fluooratome op 'n afstand van 2,906 A. Aan die ander kant 'n vierkant van chlooratome op 'n afstand van 3,089 A. Hierdie vierkant is 90 grade gedraai ten opsigte van die fluoorvierkant. Reg bo die chloorvierkant is 'n vyfde chlooratoom op 'n effens groter afstand van 3,216 A.[3]
atoom | x | y | z | en | x | y | z | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Pb | ¼ | ¼ | u | ¾ | ¾ | u | u=0.2058 | |
Cl | ¼ | ¼ | v | ¾ | ¾ | v | v=.6497 | |
F | ¼ | ¾ | 0 | ¾ | ¼ | 0 |
Verwysings
wysig- ↑ "mindat" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020.
- ↑ TYPIX Standardized Data and Crystal Chemical Characterization of Inorganic Structure Types, Springer Science & Business Media, Erwin Parthé, Louise Gelato, Bernard Chabot, Marinella Penzo, Karin Cenzual, Roman Gladyshevskii, 2013, ISBN 3-662-10641-8, ISBN 978-3-662-10641-9
- ↑ Crystal structure refinement of matlockite M. Pasero, N Perchiazzi Mineralogical magazine 60, 1996, bls. 833-836.
- ↑ F.A. Bannister, 1934.
- ↑ "AMCSD" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2017.