Matzikamma-spinnekopbos

Spesie van die spinnekopbosse

Die Matzikamma-spinnekopbos (Serruria lacunosa) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Gifberg voor. Die struik word tot 1,5 m hoog en blom van September tot April.

Matzikamma-spinnekopbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Serruria
Spesie:
S. lacunosa
Binomiale naam
Serruria lacunosa
Rourke, (1996)

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig en bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 700 - 800 m.

In Engels staan dit as die Matsikamma spiderhead bekend.

Galery

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig