Maxine Case
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Maxine Case (1976-) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer van romans en kortverhale. Haar debuutroman, All We Have Left Unsaid, is in 2007 met die Statebondskrywersprys vir die beste eerste boek in Afrika bekroon. In dieselfde jaar is dit (saam met Kgebetli Moele se Room 207) met die Herman Charles Bosman-prys bekroon.[1][2]
Maxine Case | |
---|---|
Gebore | 17 Januarie 1976 Kaapstad |
Beroep | Skrywer |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Noemenswaardige werke | All We Have Left Unsaid |
Case is op 17 Januarie 1976 in Kaapstad gebore. Sy het vir verskeie Suid-Afrikaanse tydskrifte geskryf en ook 'n maandelikse kolom, "The Last Word", in Soul-tydskrif behartig. Sy het al by 'n uitgewery sowel as 'n NRO in Kaapstad gewerk, waarna sy met behulp van 'n beurs 'n M.A.-graad in kreatiewe skryfkuns in New York verwerf het. Daarna het sy kreatiewe skryfwerk gedoseer en werkswinkels in verskeie lande oor die wêreld aangebied.
Haar boeke is al in verskeie tale vertaal (waaronder Nederlands, Japannees en Mandaryns).
Werke
wysig- All We Have Left Unsaid, Kwela Boeke, 2006, ISBN 978-0-7957-0229-7
- J. M. Coetzee (ed.) "Homing Pigeons" Geargiveer 16 Mei 2011 op Wayback Machine, African Compass: New Writing from Southern Africa, New Africa Books, 2005, ISBN 978-0-86486-580-9
- Waarover we zwegen, Mistral Uitgevers, 2009, ISBN 978-90-499-5126-9
- Papwa: Golf’s Lost Legend, 2015, ISBN 978-0-7957-0711-7
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Maxine Case Geargiveer 1 Mei 2019 op Wayback Machine op kwela.com.