Mazda Etude (Suid-Afrika)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Mazda Étude (bekend as die Mazda Familia in Japan) is 'n kompakte motorvoertuig wat in Japan en elders vervaardig word deur die Mazda Motorkorporasie.
Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | Mazda 323 Mazda Allegro Mazda Artis Mazda Protegé |
Produksie | 1994–1998 |
Montering | Hofu, Japan Bogotá, Colombia Silverton, Pretoria, Suid-Afrika Parañaque, Filippyne Rayong, Thailand Auckland, Nieu-Seeland Willowvale, Zimbabwe |
Ontwerper | Yujiro Daikoku (1992) |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 4-deursedan |
Uitleg | dwarsgemonteerde voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.3 L of 1.5 L Mazda B3 I4 |
Ratkas | 5-gang handratkas 4-gang Ford F-4EAT outomaties |
Lengte | 4155 mm |
Breedte | 1670 mm |
Hoogte | 1380 - 1420 mm |
Asafstand | Luikrug: 2450 mm 1997–98 sedan: 2607 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Mazda 323F/Lantis/Allegro Ford Laser Ford Escort (Noord-Amerika) Mercury Tracer |
Die BH model is in 1994 op die Japannese plaaslike mark vrygestel met voorwielaandrywing. Produksie van hierdie geslag was van 8 Augustus 1994 tot 18 Junie 1998. Die sedanweergawe is as die Protégé in Noord-Amerika verkoop, in sekere Suid-Amerikaanse markte as die Artis, en as die Étude in Suid-Afrika.
Oorspronklik was daar ook 'n sportiewe koepeestyl-driedeurluikrug (323C/Familia Neo) beskikbaar, maar na swak verkope is dit vervang met 'n meer tradisionele, regop luikrugweergawe, gebaseer op die opgekikkerde Familia-sedan.