Mazowedam
Die Mazowedam is die enigste dam in die Mazowerivier in Zimbabwe.
Mazowedam | |
---|---|
Ligging | naby Harare |
Provinsie/Land | Masjonaland, Zimbabwe |
Koördinate | 17°31′18″S 30°59′19″O / 17.52167°S 30.98861°O |
Dam in | Mazowerivier |
Doel | Besproeiing |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 37 m |
Lengte van wal | 163 m |
Bakmaat | 35 miljoen m³ |
Reservoir | Mazowedam |
Damoppervlak | 1,8 km² |
Die dam is 35 km noord van Harare, oos van die A11-hoofweg in die sentrale deel van Masjonaland, by 17°31′18″S 30°59′19″O / 17.52167°S 30.98861°O. Dit is in 1920 deur die British South Africa Company gebou om besproeiingswater aan lemoenplase te verskaf.
In 1961 is die damwal verhoog tot 37 m en 'n lengte van 163 m. Dit het nou 'n bakmaat van 35 miljoen m³ en vorm 'n meer van 1,8 km² as dit vol is. Dit verskaf water aan 1 600 ha (16 km²) landbougrond.
Erge droogte
wysigWeens heersende droogtes was die dam in die laaste dekades (1984-85 en weer in 1996) dikwels byna leeg. Dit het die potensiaal vir boerdery onder besproeiing erg benadeel.
Watersport
wysigAndersins is dit ook vir watersport gebruik. Die dam was die tuiste van die Hunyani Roeiklub en het voorheen geriewe gebied vir St. Georges, Prince Edward, Arundel en ander roeiklubs.