McDonnell Douglas F-4 Phantom II
Die McDonnell Douglas F-4 Phantom II is 'n tandemtweesitplek, tweemotorige, langafstand supersoniese onderskepstraalvegter/bomwerper wat in alle weersomstandighede kan funksioneer. Dit is oorspronklik vir die Amerikaanse Vloot ontwikkel deur "McDonnell Aircraft" in die Verenigde State van Amerika.[1] Dit is in 1960 deur die Amerikaanse Vloot in diens gestel. Weens sy hoë aanpasbaarheid, word hy ook sedert die middel-1960's deur die Amerikaanse Marinierskorps en die Amerikaanse Lugmag gebruik en het 'n staatmaker in hul onderskeie lugvleuels geword.
F-4 Phantom II | |
---|---|
Tipe | Onderskepvegter/meerdoelige bomwerper |
Vervaardiger | McDonnell Aircraft/ McDonnell Douglas |
Nooiensvlug | 27 Mei 1958 |
Vrygestel | 30 Desember 1960 |
Onttrek | 1996 (VS gevegsgebruik) |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag (teikengebruik) Islamitiese Republiek van Iran Lugmag |
Vorige gebruikers | Amerikaanse Vloot Amerikaanse Marinierskorps |
Vervaardig | 1958–1981 |
Aantal gebou | 5 195 |
Eenheidskoste | VS$ 2.4 miljoen (1965-prys) |
Ontwikkel van | Northrop YF-17 |
Weergawes | Boeing F/A-18E/F Super Hornet |
Die Phantom is 'n groot vegter met 'n topspoed van meer as Mach 2,2. Dit kan meer as 8 400 kg se wapens op nege eksterne hegpunte dra, insluitend lug-tot-lug missiele, lug-tot-grond missiele, en verskeie bomme. Die F-4, soos ander onderskeppers van sy tyd, is ontwerp sonder 'n interne kanon. Latere modelle het 'n M61 Vulcan roterende kanon bygekry. Sedert 1959 het dit 15 wêreldrekords opgestel vir in-vlug prestasie,[2] insluitend 'n absolute spoedrekord en 'n absolute hoogterekord.[3]
Die F-4 is op groot skaal gebruik gedurende die Viëtnamoorlog; dit het gedien as die hooflugsuperioriteitvegter vir beide die vloot en lugmag, en het later in die oorlog onmisbaar geword in die grondaanval- en verkenningsrolle. Die Phantom het die onderskeiding dat dit die laaste Amerikaanse vegvliegtuig was om kampioenstatus te bereik in die 20ste eeu. Gedurende die Viëtnamoorlog het die USAF een vlieënier en twee wapenstelselbeamptes (WSOs),[4] en die Amerikaanse Vloot een vlieënier en een radaronderskepbeampte gehad wat vyf lugoorwinnings teen vyandige vegvliegtuie behaal het, en wat bobaasvlieënier status bereik het in lug-tot-lug onderonsies.[5] Die F-4 het voortgegaan om 'n groot deel van die Amerikaanse militêre lugkrag dwarsdeur die 1970's en 1980's te vorm, maar is geleidelik vervang deur moderner vliegtuie soos die F-15 Eagle en F-16 in die Amerikaanse Lugmag, die Grumman F-14 Tomcat in die Amerikaanse Vloot, en die F/A-18 Hornet in die Amerikaanse Vloot en die Marinierskorps.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Swanborough en Bowers 1976, p. 301.
- ↑ "Phabulous 40th: Phantom "Phirsts"." Boeing. URL besoek: 27 November 2012.
- ↑ "Phabulous 40th: World Record Holder." Geargiveer 27 Desember 2007 op Wayback Machine Boeing. URL besoek: 14 Desember 2007.
- ↑ Dorr en Bishop 1996, pp. 200–201
- ↑ Dorr en Bishop 1996, pp. 188-189
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |