Mehmet I
Mehmet I Çelebi (Ottomaanse Turks: چلبی محمد, moderne Turks: I.Mehmet of Çelebi Mehmet; 1382 – 26 Mei 1421) was van 1413 tot 1421 sultan van die Ottomaanse Ryk.
Mehmet I | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk | |
Volle naam | Sultan Mehmet I Çelebi |
Ottomaanse naam | چلبی محمد |
Tydperk | 1413–1421 |
Stadium | Opgang van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Tussenregering |
Opvolger | Murat II |
Toegra |
Ná die nederlaag en gevangeneming van sy pa, sultan Bajezid I, deur die krygsheer Timoer, het laasgenoemde Mehmet as sultan bevestig, maar sy broers het geweier om sy gesag te aanvaar.[1] In die burgeroorlog wat ontstaan het, het ’n tussenregering (Turks: Fetret Devri) die bewind van 1402 af oorgeneem.
Die tussenregering het tot in 1413 geduur, toe Mehmet as oorwinnaar uit die stryd getree en homself as sultan gekroon het.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
- ↑ Fine, John van Antwerp, The Late Medieval Balkans, (University of Michigan Press, 1994), 499.