Mehmet III
Mehmet III Adli (Ottomaanse Turks: محمد ثالث, moderne Turks: III.Mehmet; 26 Mei 1566 – 21/22 Desember 1603) was van 1595 tot 1603 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van Murat III, wat hy as sultan opgevolg het.
Mehmet III | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Sultan Mehmet III Adli |
Ottomaanse naam | محمد ثالث |
Tydperk | 15 Januarie 1595–22 Desember 1603 |
Stadium | Groei van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Murat III |
Opvolger | Ahmet I |
Toegra |
Mehmet III is selfs in die Ottomaanse geskiedenis berug omdat hy 19 broers en halfbroers laat verwurg het om sy mag te verseker,[1][2] asook meer as 20 van sy susters. Hy was ’n lui heerser wat die regering aan sy ma oorgelaat het.[3] Die grootste gebeurtenis van sy bewind was die Oostenryks-Ottomaanse Oorlog in Hongarye (1593–1606).
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Mehmed III
- ↑ Quataert, Donald. The Ottoman Empire, 1700–1922, p.90. Cambridge University Press, 2000. ISBN 0-521-63328-1
- ↑ Kinross, John Patrick. Ottoman Centuries, p.288. William Morrow & Co., 1977. ISBN 0-688-03093-9
- ↑ Kinross, p.288