Mehmet IV
Mehmet IV (Ottomaanse Turks: محمد رابع, moderne Turks: IV.Mehmet; 2 Januarie 1642 – 6 Januarie 1693), ook bekend as Avcı, "Jagter", was van 1648 tot 1687 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy het op sesjarige ouderdom sultan geword en het die aard van die heerser se posisie vir altyd verander deur die grootste deel van sy uitvoerende mag aan sy grootvisier oor te dra.
Mehmet IV | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Sultan Mehmet IV |
Ottomaanse naam | محمد رابع |
Tydperk | 12 Augustus 1648 – 8 November 1687 |
Stadium | Groei van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Ibrahim |
Opvolger | Süleyman II |
Toegra |
Hy was die seun van sultan Ibrahim, wat kort ná sy dood tydens ’n rusie met sy ma die kind uit haar arms gegryp en hom in ’n waterbak gegooi het. Hy is deur harembediendes gered, maar het sy kop gesny; hy het daarna lewenslank ’n litteken gehad.[1]
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
- ↑ John Freely – Inside the Seraglio, gepubliseer in 1999, Hoofstuk 9: Three Mad Sultans