Melanorosaurus
Melanorosaurus ("Swartbergreptiel", van die Grieks μέλας melas, "swart", ὄρος oros, "berg" en σαῦρος sauros, "reptiel") is ’n genus van basale souropodomorf-dinosourusse wat in die Laat Trias-periode geleef het. Dit was ’n plantvreter van Suid-Afrika met ’n groot lyf en stewige bene, wat daarop dui dat dit op al vier pote geloop het.
Melanorosaurus | |
---|---|
’n Voorstelling van Melanorosaurus readi. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Melanorosaurus (Haughton, 1924)
|
Spesies | |
|
Die bene van die ledemate was baie groot en swaar, soos dié van 'n tipiese souropode.
Ontdekking
wysigDie tipe-voorbeelde, SAM 3449 en SAM 3450, is in 1924 deur Sidney Henry Haughton beskryf en benaam. Dit is ontdek in die laer-Elliot-formasie van die Stormberg-groep in die Karoobekken van Suid-Afrika. Dit kom uit die vroeë Norium-tydsnede en is gevind teen die noordelike helling van Thaba 'Nyama (Swartberg) in Transkei, Suid-Afrika.[1] Die eerste volledige skedel van Melanorosaurus is in 2007 beskryf.[2] Twee spesies is tans bekend: M. readi, die tipe-spesie, en M. thabanensis, wat in 1993 deur François-Xavier Gauffre ’n naam gegee is, gebaseer op die holotipe, MNHN LES-16, ’n femur wat in die boonste Elliot-formasie van die Laat Jura gevind is.[3]
Klassifikasie
wysigAlhoewel Melanorosaurus eens as ’n Prosauropoda geklassifiseer is, word die prosouropodes nie meer as ’n natuurlike groep erken nie. Volgens sommige definisies is Melanorosaurus ’n vroeë Sauropoda.
Verwysings
wysig- ↑ S.H. Haughton, 1924, "The fauna and stratigraphy of the Stormberg Series", Annals of the South African Museum 12 : 323-497
- ↑ Yates, Adam M., "The first complete skull of the Triassic dinosaur Melanorosaurus Haughton (Sauropodomorpha: Anchisauria)". In Barrett & Batten (eds.), Evolution and Palaeobiology (2007), pp. 9–55.
- ↑ F.-X. Gauffre, 1993, "The most recent Melanorosauridae (Saurischia, Prosauropoda), Lower Jurassic of Lesotho, with remarks on the prosauropod phylogeny", Neues Jahrbuch für Geologie und Paläontologie Monatshefte 1993(11): 648-654
- Galton PM, Van Heerden J, Yates AM (2005). "Postcranial Anatomy of Referred Specimens of Melanorosaurus". In Carpenter, Kenneth and Tidswell, Virginia (red.). Thunder Lizards: The Sauropodomorph Dinosaurs. Indiana University Press. pp. 1–37. ISBN 0-253-34542-1.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)