Melinda Bam

Suid-Afrikaanse internasionale model en skoonheidstitelhouer wat as Mej Suid-Afrika 2011 gekroon is

Melinda Bam (gebore 13 Mei 1989) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale model en skoonheidstitelhouer wat as Mej. Suid-Afrika 2011 gekroon is, en die amptelike verteenwoordiger van haar land by Mej. Heelal 2012.[4] Sy was 'n TV-persoonlikheid wat die gewilde TV-program Pasella en Wie's Jou Poppie? aangebied het. Sy besit 'n swemdragreeks genaamd Bambshell, waarvoor sy saam met die Suid-Afrikaanse swemdraghandelsmerk gewerk het.

Melinda Bam
Gebore 13 Mei 1989 (1989-05-13) (35 jaar oud) [1]
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Geboortenaam  Melinda de Kock
Beroep TV-aanbieder, model, motiveringspreker, modeontwerper[2][3]
Alma mater Universiteit van Pretoria
Loopbaan
Haarkleur Blond
Oogkleur Bruin
Persoonlike gegewens
Gade Adriaan Berg (trou 2014)

Vroeë lewe

wysig

Melinda Bam[5] (gebore Melinda de Kock) het haar kinderjare op Glenharvie aan Gauteng se Wes-Rand deurgebring waar haar pa, ds. Deon de Kock, vanaf 1989 predikant van die NG gemeente Glenharvie was. Dit was sy eerste gemeente, maar nadat dit in 1996 by Westonaria ingelyf is, het hy sy werk verloor. Hy en sy vrou, Wanda de Kock, 'n gospelsangeres, is vroeg in 1999 geskei. Hy het sy eie lewe op 15 Julie daardie jaar geneem.[6] Melinda se ma is later weer getroud.

Sy is in 1989 gebore en het twee susters, Melissa Swart en Sybil Bam. Nadat hul ma met Neil Bam getroud is, het Melinda haar van na Bam verander.[7] Sy is 'n model en het B.Com Bemarking aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy het vir Mej. Suid-Afrika 2011 ingeskryf en die kompetisie met haar eerste poging gewen.

Mej. Suid-Afrika 2011

wysig

Melinda is as Mej. Suid-Afrika 2011 gekroon op 11 Desember 2011 by 'n geleentheid wat in die Sun City Super Bowl gehou is.[4]

Melinda het Suid-Afrika in Desember by Mej. Heelal 2012 verteenwoordig, wat in Las Vegas gehou is, en is onder die top 10 geplaas.

Sy het nie aan die Mej. Wêreld 2012 kompetisie deelgeneem nie, want as 'n deelnemer die top drie van die kompetisie bereik, word sy nie toegelaat om ook vir Mej. Heelal in te skryf nie. Haar eerste prinses Remona Moodley het Suid-Afrika in plaas daarvan by Mej. Wêreld 2012 verteenwoordig.[8]

Persoonlike lewe

wysig

Haar van is van Duitse oorsprong. Bam het in November 2013 aangekondig dat sy verloof is aan mnr Suid-Afrika 2011, Adriaan Bergh. Die twee voormalige skoonheidstitelhouers het tydens 'n vakansie in Doebai verloof geraak. Hulle is in November 2014 op Oakfield Farm in Gauteng getroud.

Verwysings

wysig
  1. "TVSA Melinda Bam se profiel". Besoek op 9 Januarie 2013.
  2. "Miss Universe Melinda Bam Profile". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2017. Besoek op 9 Januarie 2013.
  3. Shangase, Zwelakhe (21 Desember 2012). "Top 10 for Melinda Bam". The New Age. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2012. Besoek op 9 Januarie 2013.
  4. 4,0 4,1 "Tukkies girl crowned Miss SA". Times Live. 11 Desember 2011. Besoek op 18 Desember 2013.
  5. Kandie, Lynn (8 Junie 2020). "Interesting facts about Melinda Bam". Briefly (in Engels). Besoek op 5 Junie 2021.
  6. "Mej. Suid-Afrika praat oor haar tweede pa | Huisgenoot". Besoek op 8 November 2024.
  7. "Miss SA: my new dad saved us | You" (in Engels). Besoek op 8 November 2024.
  8. "Miss SA out, runner-up in for Miss World". 29 Junie 2012. Besoek op 30 November 2014.
Voorafgegaan deur
Bokang Montjane
Mej. Suid-Afrika
2011
Opgevolg deur
Marilyn Ramos