Menkar
Menkar (ook bekend as Alpha Ceti of α Cet) is die tweede helderste ster in die sterrebeeld Walvis (Cetus).
Menkar
| ||||
Menkar se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Walvis | |||
Bayer-naam | Alpha Ceti | |||
Spektraaltipe | M1,5 IIIa[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 03h 02m 16.77307s[2] | |||
Deklinasie | +04° 05′ 23.0596″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,53[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -3,2 ± 0,3[1] | |||
B-V-kleurindeks | +1,64[3] | |||
U-B-kleurindeks | +1,93[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,3 ± 0,2[4] | |||
Radius (R☉) | 89 ± 5[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 1 455 ± 328[4] | |||
Temperatuur (K) | 3 795 ± 70[4] | |||
Ander name | ||||
Menkar, Menkab, Mekab, Monkar, Al Minhar, 92 Ceti, HR 911, BD+03° 419, HD 18884, SAO 110920, FK5 107, HIP 14135 | ||||
|
Struktuur
wysigHoewel die ster die Bayer-naam α Ceti het, is dit met ’n skynbare magnitude van 2,54 nie die helderste ster in die sterrebeeld nie. Dié eer kom Beta Ceti toe, wat ’n magnitude van 2,04 het. Menkar is ’n rooireus met ’n sterreklassifikasie van M1,5 IIIa. Sy massa is meer as twee keer dié van die Son en as ’n reusester het dit uitgesit tot ’n radius van 89 keer dié van die Son. Die oppervlaktemperatuur is net 3 795 K (in vergelyking met die Son se 5 778 K), maar vanweë die groot oppervlakte van sy fotosfeer straal dit 1 455 keer soveel energie uit. Die relatief lae temperatuur gee aan Menkar die rooi skynsel van ’n M-tipe ster.[5]
Menkar het uit die hoofreeks wegbeweeg nadat dit al die helium in sy kern opgebruik het. Omdat dit sy koolstofkern begin brand, sal dit waarskynlik soos Mira hoogs onstabiel raak voordat dit eindelik sy buitenste lae sal wegstoot, ’n planetêre newel word en ’n relatief groot witdwerg agterlaat.[6]
Name
wysigDie ster se Bayer-naam is "Alpha Ceti" en sy Flamsteed-naam "92 Ceti". Die tradisionele naam, "Menkar" of "Menkab", kom van die Arabiese woord منخر manħar, "neusgat" (van die Walvis).
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Menkar" vir die ster goedgekeur.[7]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Tsuji, T. (October 2008), "Cool luminous stars: the hybrid nature of their infrared spectra", Astronomy and Astrophysics 489 (3): 1271–1289, doi:10.1051/0004-6361:200809869, Bibcode: 2008A&A...489.1271T
- ↑ 2,0 2,1 van Leeuwen, F. (November 2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 Johnson, H. L.; et al. (1966). "UBVRIJKL photometry of the bright stars". Communications of the Lunar and Planetary Laboratory. 4 (99). Bibcode:1966CoLPL...4...99J.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 Wittkowski, M. et al. (December 2006), "Tests of stellar model atmospheres by optical interferometry. IV. VINCI interferometry and UVES spectroscopy of Menkar", Astronomy and Astrophysics 460 (3): 855–864, doi:10.1051/0004-6361:20066032, Bibcode: 2006A&A...460..855W
- ↑ "The Colour of Stars", Australia Telescope, Outreach and Education (Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), December 21, 2004, archived from the original on 2012-03-10, https://www.webcitation.org/6630AbtJZ?url=http://outreach.atnf.csiro.au/education/senior/astrophysics/photometry_colour.html, besoek op 2012-01-16
- ↑ Kaler, James B., "MENKAR (Alpha Ceti)", Stars (University of Illinois), http://stars.astro.illinois.edu/sow/menkar.html, besoek op 2011-12-24
- ↑ "Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1" (PDF). Besoek op 28 Julie 2016.
Eksterne skakels
wysig- Syfers oor Alpha Ceti
- Menkar op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia