Mercedes-Benz M104 enjin
Die Mercedes-Benz M104 is 'n reguit 6-motorenjin wat van 1989 tot 1999 vervaardig is. Dit het 'n dubbele bonokasontwerp met 4 kleppe per silinder. Dit het die M103 vervang en is op sy beurt in 1997 deur die M112 V6-enjin vervang. Daar is met produksie van die M104 tot in 1999 volgehou, toe die laaste gebruik van die enjin deur Mercedes-Benz in die W140-onderstel was. Die boorspasiëring van alle M104-enjins is dieselfde as die M103-enjin op 97 mm.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz AG |
Produksietyd | 1989-99 |
Konfigurasie | Inlyn-6 (behalwe M104.900, sien VW VR6) |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 2,8 L; 170,8 cu in (2 799 cc) M104.94x 3,0 L; 180,6 cu in (2 960 cc) M104.98x 3,2 L; 195,2 cu in (3 199 cc) M104.99x |
Drukverhouding | 9.2, 10.0 en 10.5 op AMG modelle |
Blok | Gegote yster |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | Dubbelbonokas met 4 kleppe per silinder en VVT |
Brandstoftipe | Petrol |
Brandstofstelsel | Bosch KE-Jetronic/Bosch Motronic |
Smeerstelsel | Nat oliebak |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Bestuurstelsel | Elektronies |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 193–280 PS (142–206 kW; 190–276 hp) SAE |
Wringkrag | 265–385 N⋅m (195–284 lb⋅ft) teen 4600 opm M104.98x |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | M 103 |
Opvolger | M 112 |
AMG 3.4 L
wysigAMG het 3,4 L-omskakelings aan die 3.0 L M104.980 gedoen, nog voor hul formele samewerking met Daimler Benz.