Mercedes-Benz OM604-enjin
Die Mercedes-Benz OM604-enjin is 'n 1 997 cc (2,0 L) en 2 155 cc (2,2 L) inlynviersilinder dubbelbonokas (DBNA)-dieselenjin met indirekte inspuiting wat tussen 1993 en 1998 deur Mercedes-Benz vervaardig is. Dit het die vorige enkelbonokas (EBNA) OM601-enjin vervang.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Produksietyd | 1993–1998 |
Konfigurasie | Natuurlike lugvloei inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 2,0 L (1 997 cc) 2,2 L (2 155 cc) |
Boorwydte | 89 mm (3,50 in) 87 mm (3,43 in) |
Slaglengte | 86,6 mm (3,41 in) 84 mm (3,31 in) |
Drukverhouding | 22.0:1 |
Blok | Gietyster |
Stelsels | |
Klepwerking | DBNA 4 kleppe per silinder |
Brandstoftipe | Diesel |
Brandstofstelsel | Indirekte inspuiting |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Bestuurstelsel | Lucas |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 55-70 kW |
Wringkrag | 135-150 Nm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | MB OM601-enjin |
Opvolger | MB OM611-enjin |
In teenstelling met ander Mercedes-Benz-diesels wat destyds 'n Bosch-inlynspuitpomp gebruik het, het die OM604 die Lucas elektroniesbeheerde inspuitpomp (EVE), wat minder betroubaar was, gebruik. Die seëls van die Lucas-inspuitpompe het mettertyd bros geword en begin lek. Aangesien die vervanging van die hele inspuitpomp baie duur is, is 'n herstelstel beskikbaar gestel waarmee die betrokke seëls vervang kan word.
Dit is verwant aan die Inlynvyfsilinder- 2,5 liter-OM605- en die inlynses 3-liter-OM606-enjins.
ID | Verplasing | Boor x slag | Maks. krag (DIN-gemiddeld) | Maks. wringkrag | Jaar | Toepassings |
---|---|---|---|---|---|---|
OM 604.910 EVE | 2 155 cc (2,2 L) | 89 x 86,6 mm | 70 kW @ 5000 rpm |
150 Nm @ 3100 rpm | 1993-1998 | W202 C 220 D |
OM 604.910 EVE | 55 kW @ 5000 rpm |
1996-1998 | W202 C 220 D taxi's | |||
OM 604.912 EVE | 70 kW @ 5000 rpm |
1995-1998 | W210 E 220 D | |||
OM 604.912 EVE | 55 kW @ 5000 rpm |
1996-1998 | W210 E 220 D taxi's | |||
OM 604.915 EVE | 1 997 cc (2,0 L) | 87 x 84 mm | 65 kW @ 5000 rpm |
135 Nm @ 2000 rpm | 1996-1998 | W202 C 200 D |
OM 604.917 EVE | W210 E 200 D |