Meridiana
Meridiana (ook Alpha Coronae Australis of α CrA genoem) is die helderste ster in die sterrebeeld Suidelike Kroon (Corona Australis) en is sowat 125 ligjare van die Son af.
Meridiana
| ||||
Meridiana se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Suidelike Kroon | |||
Bayer-naam | Alpha Coronae Australis | |||
Spektraaltipe | A2 Va | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 09m 28.34097s[1] | |||
Deklinasie | -37° 54′ 16.1022″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,102[2] | |||
Absolute magnitude (M) | 1,11[3] | |||
B-V-kleurindeks | +0,04 | |||
U-B-kleurindeks | +0,06 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,3[4] | |||
Radius (R☉) | 2,3[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 31[4] | |||
Ouderdom (jaar) | 254 miljoen[2] | |||
Temperatuur (K) | 9 100[4] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 195[5] | |||
Ander name | ||||
Alpha Coronae Australis, α CrA, CD−38° 13350, HR 7254, HD 178253, FK5 718, HIP 94114, SAO 210990, GC 26360, IRAS 19060-3759, 2MASS J19092834-3754157 | ||||
|
Naam
wysigDie ster se Bayer-naam is "Alpha Coronae Australis". Dit is die enigste ster in die sterrebeeld met ’n tradisionele eienaam, "Alphekka Meridiana" (Latyn vir "Alphekka-Suid"), na Alphecca, die helderste ster in die Noordelike Kroon. Die naam "Alphecca" of "Alphekka" is Arabies, kort vir نير الفكّة nayyir al-fakka, "die helder (ster) van die gebroke (ring sterre)".[6] Die naam "Meridiana" is op 5 September 2017 deur die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) vir die ster goedgekeur. [7]
Eienskappe
wysigMeridiana se spektraaltipe is A2 Va en dit is dus ’n A-tipe ster, nes Vega. Nes Vega, het dit ’n oormaat infrarooistraling, wat daarop dui dat dit deur ’n skyf stof omring word.[4] Dit het ’n skynbare magnitude van 4,1 en sy massa en radius is na raming 2,3 keer dié van die Son. Met ’n oppervlaktemperatuur van rofweg 9 100 K is sy ligsterkte 31 keer die Son s'n.[4] Meridiana is rofweg 254 miljoen jaar oud.[2] Dit roteer vinnig, teen amper 200 km/s by die ewenaar, en maak ’n volledige rotasie in sowat 14 uur,[5] naby aan sy opbreekspoed.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Van Leeuwen, F. (November 2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
- ↑ 2,0 2,1 2,2
- ↑ "α Coronae Australis (star)". Wolfram Alpha. Besoek op 2 September 2012.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 Kaler, James B. "Alfecca Meridiana (Alpha Coronae Australis)". Stars (in Engels). University of Illinois. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2019. Besoek op 2 September 2012.
- ↑ 5,0 5,1 Royer, F.; Zorec, J.; Gómez, A. E. (Februarie 2007). "Rotational velocities of A-type stars. III. Velocity distributions". Astronomy and Astrophysics. 463 (2): 671–682. arXiv:astro-ph/0610785. Bibcode:2007A&A...463..671R. doi:10.1051/0004-6361:20065224.
- ↑ Allen, Richard Hinckley (1963) [1899]. Star Names: Their Lore and Meaning (Herdruk uitg.). New York, NY: Dover Publications Inc. pp. 172–73. ISBN 0-486-21079-0.
- ↑ "Naming Stars" (in Engels). IAU.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 16 Desember 2017.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia