Ysplantjie
(Aangestuur vanaf Mesembryanthemum crystallinum)
Die ysplantjie of soutslaai[2] (Mesembryanthemum crystallinum) is een van die bekendste vygies. Saam met party ander spesies uit die Mesembryanthemum-genus word dit ook brakslaai genoem. Die naam ysplantjie verwys na die blaasselle waarmee die plantjie bedek is en waardeur dit lyk asof dit met yskristalletjies bedek is.
Ysplantjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Mesembryanthemum |
Spesie: | M. crystallinum
|
Binomiale naam | |
Mesembryanthemum crystallinum L., (1753)
| |
Sinonieme | |
|
Dit is eetbaar en is vroeër dikwels deur die Khoi en die Boesmans geëet.[3] Dit is inheems aan Suid-Afrika, maar is nou oor die wêreld verspei, soos in die Middellandse Seegebied.[4] Die ysplantjie is ook 'n indringerplant in Kalifornië, Arizona en Pennsylvanië.[5] Dit is 'n meerjarige halofitiese plant wat 10 cm hoog en 50 cm breed kan word. Dit kry wit blomme met talle blomblare wat deur insekte bestuif word.[4]
Fotogalery
wysig-
In Bolsa Chica Kalifornië
-
Blare
-
Vrugte
-
Blom
-
Die blaasselle in teenlig
-
Knop met blaasselle
Verwysings
wysig- ↑ "Plant List (Kew)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020.
- ↑ HAT: verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal, F. F. Odendal, R. H. Gouws bls. 1070
- ↑ Gathering wild food on the West coast Deni Archer.
- ↑ 4,0 4,1 Plant for a future.
- ↑ "USDA" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2017.