Vuurwielsterrestelsel
Die Vuurwielsterrestelsel (ook bekend as Messier 101 of NGC 5457) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 20,9 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en was een van die laaste komeetagtige voorwerpe wat Charles Messier in sy katalogus opgeneem het.
Vuurwielsterrestelsel | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Messier-naam | Messier 101 | |||
Tipe | SAB(rs)cd | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 14h 03m 12,6s | |||
Deklinasie | 54º 20' 57" | |||
Skynmagnitude | 7,86 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 20,9 miljoen | |||
Skynbare grootte | 28′,8 × 26′,9 | |||
Rooiverskuiwing | 0,000804 | |||
Ander name | NGC 5457, UGC 8981, PGC 50063, Arp 26 | |||
|
Op 28 Februarie 2006 het Nasa en die Europese Ruimteagentskap ’n foto van die Vuurwielsterrestelsel uitgereik; dit was in dié stadium die grootste en mees gedetailleerde foto deur die Hubble-ruimteteleskoop.[1] Op 24 Augustus 2011 is ’n tipe Ia-supernova, SN 2011fe, in M101 ontdek.
Struktuur en samestelling
wysigM101 is ’n relatief groot sterrestelsel in vergelyking met die Melkweg. Dit het ’n deursnee van 170 000 ligjare en is 70% groter as die Melkweg. Die massa van sy skyf is sowat 100 miljard sonmassas en sy romp sowat 3 miljard sonmassas.[2]
Nog ’n merkwaardige eienskap van die stelsel is sy groot en helder H II-gebiede, waarvan sowat 3 000 op foto's gesien kan word. H II-gebiede word geïoniseer deur groot getalle uiters helder en warm jong sterre.
Op foto's kan gesien word M101 is asimmetries aan die een kant. Daar word geglo M101 het ’n amper-botsing met ’n ander sterrestelsel gehad en dat die meegaande swaartekrag-getykragte dit veroorsaak het. ’n Hoë mate van stervorming is tegelykertyd geaktiveer.
Supernova
wysigOp 24 Augustus 2011 is ’n tipe Ia-supernova, SN 2011fe, in M101 ontdek. Dit het ’n skynbare helderheid van 17,2 mag gehad, en was op sy helderste 9,9 mag.[3][4][5] Dit was die vierde supernova wat in M101 waargeneem is.
Verwysings
wysig- ↑ HubbleSite – NewsCenter – Hubble's Largest Galaxy Portrait Offers a New High-Definition View (02/28/2006) – Introduction
- ↑ Comte, G., Monnet, G., & Rosado, M. (1979). "An optical study of the galaxy M 101 – Derivation of a mass model from the kinematic of the gas". Astronomy and Astrophysics. 72: 73–81. Bibcode:1979A&A....72...73C.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Nugent, Peter (24 Augustus 2011). "Young Type Ia Supernova PTF11kly in M101". The Astronomer's Telegram. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 25 Augustus 2011.
- ↑ Nugent, Peter. "Supernova Caught in the Act" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2011. Besoek op 7 September 2011.
- ↑ Hartmut Frommert and Christine Kronberg (15 September 2011). "Supernova 2011fe in M101". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2012. Besoek op 17 September 2011.
Eksterne skakels
wysig- SEDS: Messier 101
- ESA/Hubble Geargiveer 15 Januarie 2007 op Wayback Machine
- Vuurwielsterrestelsel op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vuurwielsterrestelsel.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia