Meulrivier (Wes-Kaap, lat -33,75, long 22,82)
- Vir ander riviere met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsbladsy by Meulrivier.
Die Meulrivier is 'n rivier wat in 'n kloof 35 km wes van Uniondale in die Wes-Kaap, Suid-Afrika vloei. Dit sluit by die Dieprivier aan wat in die Kammanassierivier uitmond, oppad na die Gouritsrivier.
Meulrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Monding-hoogte | 578 m |
Koördinate: 33°44′58″S 22°49′24″O / 33.74944°S 22.82333°O |