Middel-Pleistoseen
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Kwartêr | Holoseen | 0–0,0117 | |||
Pleistoseen | Tarantium | 0,0117–0,126 | |||
Ionium | 0,126–0,781 | ||||
Kalabrium | 0,781–1,806 | ||||
Gelasium | 1,806–2,588 | ||||
Neogeen | Plioseen | Piasensium | ouer | ||
Die verdeling van die Kwartêr (IKS). |
Die Ionium (of Middel-Pleistoseen[1]) is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die huidige sisteem en periode, die Kwartêr. Die tydperk was van sowat 0,781 tot 0,126 miljoen jaar gelede.[2] Dit is voorafgegaan deur die Kalabrium en gevolg deur die Tarantium.
Die Ionium word verdeel in verskeie super-etages, wat elk uit ’n aantal ysperiodes (glasiale) en tussen-ysperiodes (interglasiale) bestaan. Die basis van die etage word gedefinieer as die omkering van die aarde se magneetveld tussen die magnetiese chronosones Matuyama en Brunhes.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Gibbard, P., Head, M.J., 2009. The definition of the Quaternary system/era and the Pleistocene series/epoch. Quaternaire, 20(2): 125-133
- ↑ (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.