Rhenosterkopdam

dam in Mpumalanga, Suid-Afrika
(Aangestuur vanaf Mkhombodam)

Die Rhenosterkopdam is 'n gekombineerde swaartekrag-en-boogtipedam geleë in die Elandsrivier ('n deel van die Olifantsrivierbekken) in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dam is in 1984 voltooi met 'n wal wat 36 m hoog is en 'n bakmaat van 206 miljoen m3.

Rhenosterkopdam

Ander naam Mkhombodam
Ligging Mpumalanga
Provinsie/Land Suid-Afrika
Koördinate 25°05′45″S 28°55′00″O / 25.09583°S 28.91667°O / -25.09583; 28.91667
Dam in Elandsrivier
Doel Nywerheid en huishoudelik
Openingsdatum 1984
Eienaar Departement van Waterwese
Soort dam Boog-gravitasiedam
Hoogte van wal 36 m
Lengte van wal 515 m
Bakmaat 206 miljoen m3
Reservoir Rhenosterkopdam
Opvanggebied 3 723 km2
Damoppervlak 3 624 ha

Die dam dien hoofsaaklik vir munisipale en nywerheidsgebruik en sy gevaarpotensiaal is ingedeel as hoog.

Vaalbank (Libangeni) en Mphanga is aan die suidoewer geleë, en die gehug van Koedoespoort aan die noordekant.

Sien ook

wysig