Die mofhartbees (Alcelaphus lichtensteinii) is 'n wildsbok wat in die noordooste van Suid-Afrika, die suidooste van Zimbabwe en die sentrale gebied van Mosambiek voorkom. Die boksoort staan ook bekend as die Lichtenstein-hartbees.

Mofhartbees
Lichtenstein's Hartebeest.jpg
'n Mofhartbees, Zambië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
A. lichtensteinii
Binomiale naam
Alcelaphus lichtensteinii
Peters, 1849
Sinonieme

Sigmoceros lichtensteinii
Bubalis lichtensteinii

Bou en kleurWysig

Die wildsbok is oorwegend dof, van geelbruin of kastaiigkleurig. Aan die agterkant van die boude is 'n ligbruin kol. Die hare aan die stert en die skene is swart. Beide bulle en koeie het horings. Hulle verskil van rooihartbeeste omdat hulle ligter van kleur is, nie 'n swart bles het nie en die horings korter en by die basis verder uitmekaar is.

GeslagsverskilleWysig

Die bulle weeg tot 204 kg en die horinglengte is gemiddeld 52 cm, met 'n rekord van 61,91 cm. Die koeie weeg tot 181 kg. Die koeie se dratyd is sowat 8 maande, met een lammetjie wat tussen Junie en September gebore word.

Ander feiteWysig

Die boksoort hou van droë vloedvlaktes en vorm kuddes van 3 tot 15 diere. Sommige bulle loop alleen. Sy natuurlike vyand is die gevlekte hiëna, luiperd, leeu en die wildehond. Die boksoort het uitgesterf in Suid-Afrika, maar is in 1985 in die Krugerwildtuin hervestig.

Sien ookWysig

BronWysig

VerwysingsWysig

  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Alcelaphus buselaphus ssp. lichtensteinii. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 18 Januarie 2009.

Eksterne skakelsWysig