Montebello
Montebello is 'n dorp in Quebec, Oos-Kanada met sowat 978 inwoners (2011).
Montebello | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 45°39′00″N 74°56′00″W / 45.65000°N 74.93333°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Quebec |
Region | Outaouais |
Regionale County | Papineau |
Stigting | 1801 |
Stadstatus | 29 Augustus 1878 |
Regering | |
• Burgemeester | Pierre Bertrand |
Oppervlak | |
• Totaal | 10,5 km2 (4,05 vk. myl) |
• Land | 8,36 km2 (3,23 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 978 |
• Digtheid | 117/km2 (303/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | J0V 1L0 |
Skakelkodes | 819 |
Webwerf | ville.montebello.qc.ca |
Die dorp het twee besienswaardighede: Die Louis-Joseph Papineau-herehuis in die Normandiese styl met vier torings en die Château Montebello-hotel (die Ekonomiese Spitsberaad van Wêreldleiers het hier in 1981 plaasgevind).
Die hotel, wat in 1930 geopen is, is die grootste blokhuis wêreldwyd, en sowat 10 000 sederhoutstamme is gebruik om dit op te rig. Oorspronklik het dit as 'n luukse klub vir 'n klein sirkel van sakemanne en politieke leiers gedien. Toe die Canadian Pacific-hotelgroep dit in 1970 gekoop, het ook gewone toeriste vir die eerste keer die geleentheid gekry om hier te oornag.
Die Château Montebello beskik oor 210 luukse kamers, gholfbane en 'n swembad. Gedurende die koue wintermaande kan gaste in die groot ontvangskamer ontspan vanwaar 'n reusagtige vuurplek die hele hotel verwarm.