Mooketsi
bewoonde plek in Suid-Afrika
Mooketsi is 'n klein boerderynedersetting en spoorweghalte in Limpopo, Suid-Afrika. Die nedersetting is 20 km noordwes van Modjadjiskloof (voorheen Duiwelskloof). Mooketsi is die hart van Suid-Afrika se wintergroentetuin. Varsprodukte word van hier na die res van Suid-Afrika gestuur gedurende die wintermaande wanneer ryp op die Hoëveld groenteverbouing verhoed.
Mooketsi | |
---|---|
Nedersetting | |
Koördinate: 23°35′37″S 30°05′51″O / 23.593501°S 30.097582°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distriksmunisipaliteit | Mopani |
Plaaslike Munisipaliteit | Groter Letaba |