Modjadjiskloof

gehug in Limpopo, Suid-Afrika

Modjadjiskloof (tot 2004 bekend as Duiwelskloof) is 'n klein dorp in die ooste van die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika, 24 km noord van die groot dorp Tzaneen.

Modjadjiskloof

(voorheen Duiwelskloof)
Modjadjiskloof is in Limpopo
Modjadjiskloof
Modjadjiskloof
 Modjadjiskloof se ligging in Limpopo
Koördinate: 23°42′S 30°8′O / 23.700°S 30.133°O / -23.700; 30.133
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistrikMopani
MunisipaliteitGroter Letaba
Oppervlak
 • Totaal2,99 km2 (1,15 vk. myl)
Hoogte
875 m (2 871 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal1 815
 • Digtheid607/km2 (1 570/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense47.9%
 • Indiërs/Asiërs2.8%
 • Bruin mense0.5%
 • Swart mense47.4%
 • Ander1.5%
Taal (2011)
 • Afrikaans 43.7%
 • Noord-Sotho 23.3%
 • Engels 12.3%
 • Tsonga 9.7%
 • Ander 11.0%
Poskode (strate)
0835
Poskode (posbusse)
0835
Skakelkode015

Geskiedenis

wysig

Die dorp het ontwikkel rondom die spoorweghalte nadat die spoorlyn tussen Tzaneen en Soekmekaar die dorp in 1914 bereik het. Die dorp is in 1919 opgemeet en in 1920 geproklameer. Die naam Duiwelskloof is waarskynlik afkomstig van die togryers wat deur die reënseisoen hier moes deursukkel wanneer die grond soos 'n moeras geword het. Die naam Duivelskloof was ook algemeen gebruik.

Die huidige naam van die dorp vereer koningin Modjadji of die Reënkoningin, die oorerflike heerser van die Balobedu-stam van die gebied.

Omgewing

wysig

Die Westfalia-landgoed van wyle dr. Hans Merensky, is sowat 5 km suid van die dorp.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Modjadjiskloof". Sensus 2011.

Bronnelys

wysig