Morten Pedersen Porsild
Morten Pedersen Porsild (1 September 1872, Glibstrup naby Store Andst - 30 April 1956, Kopenhagen) was 'n Deense plantkundige wat die grootste gedeelte van sy volwasse lewe in Groenland gewoon en gewerk het. Hy het in 1898 en 1902 saam met die fisioloog August Kroghaan aan ekspedisies in Groenland deelgeneem. In 1906 het hy die Arktiese Stasie in Qeqertarsuaq, Wes-Groenland gestig, en vorm sedert 1956 deel van die Universiteit van Kopenhagen. Hy het ondersteuning gekry van bekende polêre navorsers soos Knud Rasmussen, Mylius-Erichsen en Fridtjof Nansen. 'n Private individu het die gebou geskenk, terwyl die lopende koste deur Deense staatsbegroting gedek word. Morten Porsild het die stasie vir veertig jaar bestuur. In 1946, het hy teruggekeer na Kopenhagen, en is opgevolg as stasiehoof deur Paul Gelting. Hy was die vader van Alf Erling Porsild, Robert Thorbjørn Porsild, Asta Irmelin "Tulle" Egede en Ove Sten Porsild. Benewens plantkunde, het Porsild bygedra tot dierkunde en etnografie. Hy het ook die Groenlandse-politiek betree.
Die outeursafkorting Porsild word gebruik om Morten Pedersen Porsild as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
Gekose Werke
wysig- Porsild, Morten P. (1910) Hvor opholder den grønlandske laks sig om vinteren (Where does the Greenlandic salmon stay during winter?). Meddelelser om Grønland 47.
- Porsild, Morten P. (1910) Plant life of Hare Island off the coast of West Greenland. Meddelelser om Grønland 47: 251-274.
- Porsild, Morten P. (1911) Une arme ancienne de chasse des esquimaux et son analogue de la culture préhistorique de France (An ancient eskimo hunting weapon and its analogue in the prehistoric culture of France). Meddelelser om Grønland 47.
- Porsild, Morten P. (1914) Studies on the material culture of the Eskimo in West Greenland. Meddelelser om Grønland 51 (5).
- Porsild, Morten P. (1915) On the Genus Antennaria in Greenland. Meddelelser om Grønland 51: 267-81.
- Porsild, Morten P. (1918) Om nogle vestgrønlandske patterdyr og fugle; I-II. Meddelelser om Grønland 56 (1918): 29-54
- Porsild, Morten P. (1918) On "Savssats": A crowding of Arctic animals at holes in the sea ice. Geographical Review 6 (3): 215-228.[dooie skakel]
- Porsild, Morten P. (1919) Naussut suliarineránut panertíneránutdlo najorĸutagssiaĸ [translated title: Guide to pressing and drying plants]. K’eĸertarssuarme, 6 pp.
- Porsild, Morten P. (assisted by A. Erling Porsild) (1920) The flora of Disko Island and the adjacent coast of West Greenland from 66-71 n. lat.: with remarks on phytogeography, ecology, flowering, fructification and hibernation. Meddelelser om Grønland 58 (1-2)
- Porsild, Morten P. (1932) Alien plants and apophytes of Greenland. Meddelelser om Grønland 92 (1), 85 pp.