Muraltia harveyana
Plantspesie
Muraltia harveyana is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Darling tot Saldanhabaai voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 650 km² en is deel van die fynbos. Daar is tien subpopulasies en hulle word bedreig deur voorstedelike ontwikkeling en die ontginning van kalksteen.
Muraltia harveyana | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Polygalaceae |
Genus: | Muraltia |
Spesie: | M. harveyana
|
Binomiale naam | |
Muraltia harveyana Levyns, (1954)
| |
Sinonieme | |
|