Muraltia minuta
Plantspesie
Muraltia minuta is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Bettysbaai tot by Kleinmond voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 4 km² en is ook deel van die fynbos. Daar is twee subpopulasies wat stadig verdwyn weens aanhoundende uitbreiding by Kleinmond en indringerplante wat uitbrei.
Muraltia minuta | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Polygalaceae |
Genus: | Muraltia |
Spesie: | M. minuta
|
Binomiale naam | |
Muraltia minuta Levyns, (1954)
|