Musiek vir die agtergrond
Musiek vir die agtergrond is 'n Afrikaanse rolprent wat op 11 Oktober 2013 in Suid-Afrika vrygestel is. John-Henry Opperman van die Klopjag-musiekgroep speel die hoofrol.
Musiek vir die agtergrond | |
---|---|
Regisseur | Salmon de Jager |
Met | John-Henry Opperman Lizelle de Klerk Brümilda van Rensburg Ian Roberts Terence Bridgett Neil Sandilands |
Musiek deur | Dawie de Jager |
Uitgereik | 11 Oktober 2013 |
Speeltyd | 124 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Genre
wysigDie rolprent is ’n drama. Dit het 'n 7 tot 9 OL-ouderdomsperk vir swak taalgebruik.
Hoofrolspelers
wysigStorielyn
wysig'n Talentvolle en ambisieuse musikant besluit om homself oor te teken aan ’n vervaardiger van popmusiek wanneer sy meisie onverwags swanger raak. Sy talent as gerespekteerde liedjieskrywer en musikant word misbruik om oppervlakkige, kommersiële musiek te vervaardig. Sal die paartjie se liefde die kompromie wat hy ter wille van haar en die baba moet maak, oorleef?