Messier 98
(Aangestuur vanaf NGC 4192)
Messier 98 of M98 (ook bekend as NGC 4192) is ’n oorgangspiraalsterrestelsel sowat 54,1 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek saam met M99 en M100, en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. M98 het ’n blouverskuiwing en beweeg teen 140 km/s in ons rigting.[1]
Messier 98 | ||||
Soort stelsel | Oorgangspiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Berenike se Hare | |||
Tipe | SAB(s)ab | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 13m 48,3s | |||
Deklinasie | +14º 54' 01" | |||
Skynmagnitude | 11 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 54,1 miljoen | |||
Skynbare grootte | 9,8 × 2,8 boogminute | |||
Ander name | M98, NGC 4192, UGC 7231, PGC 39028 | |||
|
Virgo-swerm
wysigM98 behoort tot die Virgo-swerm, ’n groot, nabygeleë sterrestelselswerm.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "Nasa/IPAC Extragalactic Database". Results for Messier 98. Besoek op 18 November 2006.
- ↑ B. Binggeli, A. Sandage, G. A. Tammann (1985). "Studies of the Virgo Cluster. II – A catalog of 2096 galaxies in the Virgo Cluster area". Astronomical Journal. 90: 1681–1759. Bibcode:1985AJ.....90.1681B. doi:10.1086/113874.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
wysig- SEDS: Messier 98
- Arizona.edu
- Messier 98 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 98.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia