NG gemeente Vanderbijlpark-Oos
Die NG gemeente Vanderbijlpark-Oos is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1958, die vierde gemeente op Vanderbijlpark sedert die stigting van die moedergemeente in 1949. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Livingstone en Playfair Boulevard, Vanderbijlpark. In 2013 was die leraar ds. J.F.P. Nagel. Daar was in daardie jaar 425 doop- en 1 378 belydende lidmate.
Bronne
wysig- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.