Narmada
Die Narmada (Hindi: नर्मदा, narmadā, [nʌɽmʌdɑː], Gujarati: નર્મદા નદી), Nerbudda of Rewa is die grootste wes-vloeiende rivier in Indië. Die rivier, met 'n lengte van 1 315 km (817 myl), is ná die Indus, Brahmaputra, Ganges en Godavari die vyfde langste rivier in Suid-Asië. Die Narmada word in die Hindoeïsme as heilig beskou, wat van dié rivier 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes maak.[2] Dié rivier vorm die tradisionele grens tussen Noord-Indië met die Gangesvallei en Suid-Indië met die Dekan-plato. Die Narmada se hele rivierloop word in die noorde deur die Vindhya- en in die suide deur die Satpura-gebergtes begrens. Daarbenewens vorm die Narmada se onderloop die noordelike grens van die Wes-Ghats.
Narmada – Nerbudda – Rewa | |
---|---|
Narmada-rivieroewer naby Jabalpur. | |
Die stroomgebied van die Narmada. | |
Oorsprong | Amarkantak-plato, Bilaspur-distrik, Sentraal-Indië, Chhattisgarh |
Monding | Bharuch-distrik, Gujarat, Indië Arabiese See |
Stroomgebied | Indië |
Lengte | 1 315 km (817 myl) |
Oorspronghoogte | 1 048 m (3 438 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 447 m³/s (51 100 ft³/s)[1] |
Stroomgebiedopp. | 98 800 km² (38 147 myl²) |
Kaart van die Narmada-bekken in Asië.
|
Die Narmada ontspring in die Amarkantak-plato in Sentraal-Indië, net oos van Jabalpur in die deelstaat Chhattisgarh. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting en bereik die deelstaat Madhya Pradesh. Hier vloei dié rivier net suid van Bhopal en Indore. Daarna bereik die Narmada die deelstaat Gujarat net suid van Vadodara en mond net noord van Surat in die Golf van Khambhat, wat deel uitmaak van die Arabiese See, uit.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Kumar, Rakesh; Singh, R.D.; Sharma, K.D. (10 September 2005). Water Resources of India (PDF). pp. 794–811. Besoek op 27 April 2019.
{{cite book}}
:|journal=
ignored (hulp) - ↑ "Narmada River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 27 April 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Narmada.