Natriumsilikaat
Onder natriumsilikate word verskeie verbindings verstaan.
In die watervrye binêre stelsel (Na2O)1−x(SiO2)x is ses fases bekend:[1]
Kode | x- waarde | (Na2O):(SiO2) | formule | naam | smeltpunt | metastabiel |
---|---|---|---|---|---|---|
a | 0,1666 | 5:1 | Na10SiO7 | 1243K | onder 1064K | |
b | 0,3333 | 2:1 | Na4SiO4 | (natriumortosilikaat) | 1383K | |
c | 0,4000 | 3:2 | Na6Si2O7 | (natriumpirosilikaat) | 1397K | onder 1068K |
d | 0,5000 | 1:1 | Na2SiO3 | (natriummetasilikaat) | 1363K | |
e | 0,6666 | 1:2 | Na2Si2O5 | 1148K | ||
f | 0,7272 | 3:8 | Na6Si8O19 | 1080K (peritekt.) | onder 973K |
Na2Si2O5 word in die natuur as die mineraal natrosiliet aangetref.[2] Daar is nog 'n mineraal, ertixiïet, wat die algemene samestelling Na2Si4O9 het (1(Na2O):4(SiO2); x=0,8) wat sintesies nie gevind is nie.[3] Dit is nie ongewoon nie. Minerale kan deur onsuiwerhede gestabilieer wees, of as metastable hoëdrukfases gevorm word.
Natriumsilikate is oplosbaar in water en die oplossings is as waterglas bekend. Daar is ook verskeie hidrate.
Verwysings
wysig
- ↑ Volker Kahlenberg (2010). "Structural Chemistry of Anhydrous Sodium Silicates – A Review". Chimia. 64 (10): 716–722.
- ↑ "Natrosilite". mindat 2863.
- ↑ "Ertixiite". mindat 1406.