Nederalemanniese Duits
Nederalemannies (Nederalemanniese Duits: Niederalemannisch) is 'n tak van die Alemanniese dialekte en behoort tot die Duitse taal, al is onderlinge verstaanbaarheid met Standaardduits en ander nie-Alemanniese Duitse dialekte baie beperk. Dit kom Noord van die k/ch isoglos voor wat dit van Hoogalemannies skei.
Nederalemanniese Duits Niederalemannisch | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Duitsland | |
Totale sprekers: | omstreeks 500 000 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Opperduits Alemanniese Duits Nederalemanniese Duits | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | gsw
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Indeling
wysigNederalemannies word verdeel in twee subgroepe: Bodensee-Alemannies (Duits: Bodenseealemannisch) en Oberrhein-Alemannies (Duits: Oberrheinalemannisch):
Bodenseealemannies
wysig- Allgäuerisch (suidelik)
- Baar-Alemannies
- Suidd-Württembergies
- Vorarlbergies
Oberrheinalemannisch
wysig- Baselduits
- Elsasser Duits (Mittelelsässisch)
- Badisch (noord van die Markgräflerland)
- Freiburgisch (Freiburg im Breisgau, noordelik)
- Iffezheimisch
- Rastättisch
- Ortenauisch
- Met oorsprong uit Kaiserstuhl:
Eienskappe
wysigDie eienskap wat Nederalemannies van Hoogalemannies skei is die behoud van die Duitse /k/, in byvoorbeeld kalt 'koud' teenoor Hoogalemanniese chalt.
Die eienskap wat Nederalemannies van Swabies onderskei, is die behoud van die Middel-Hoogduitse monoftonge, byvoorbeeld Huus 'hois' teenoor Swabies Hous of Ziit 'tyd' teenoor. Swabies Zejt.
Eksterne skakels
wysig- Alemannic encyclopedia -Duits-[dooie skakel]