Nefertem
Egiptiese god
Nefertem (ook gespel Nefertoem of Nefer-temoe) was in die Egiptiese mitologie met die skepping van die wêreld ’n lotusblom wat in ’n blou waterlelie (Nymphaea caerulea) uit die oerwaters ontstaan het.[1] Hy verteenwoordig beide die eerste sonlig en die heerlike geur van die Egiptiese blou lotus. Van sy titels was "hy wat mooi is" en waterlelie van die son".
Nefertem | ||||
Die Memphis-god Nefertem met ’n waterlelie op sy kop as simbool van geur en skoonheid. | ||||
Soort god | Egipties | |||
God van | Heling en skoonheid | |||
Kultussentrum | Memphis | |||
Simbool | Waterlelie | |||
Ouers | Ptah en Sechmet | |||
Sibbes | Maahes (soms) | |||
|
Nefertem die kind kom uit sy aardvader Noe se swart oerwaters en sy lugmoeder is Noet. Wanneer hy volwasse word, is hy Ra.
Nefertem is eindelik beskou as die seun van die skeppergod, Ptah, en die godin Sechmet. Soms is Bastet sy ma.
Verwysings
wysig- ↑ Nefertem by Ancient Egypt: the Mythology besoek op 21 Junie 2008.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nefertem.