Nelie Smith
Cornelius Michael Smith (* 8 Mei 1934, Bloemfontein – † 2 Mei 2016) was ’n Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se een-en-dertigste Springbokkaptein. Hy was ook die Springbokafrigter gedurende 1980–1981.
| |||||
Volle naam | Cornelius Michael Smith | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Nelie | ||||
Geboortedatum | 8 Mei 1934 | ||||
Geboorteplek | Bloemfontein, Suid-Afrika | ||||
Sterftedatum | 2 Mei 2016 (op 81) | ||||
Sterfteplek | Strand | ||||
Skool | Hoërskool Sentraal | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Skrumskakel | ||||
Springbokno. | 389 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Collegians | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1956–1965 1966 |
Oranje-Vrystaat Griekwas |
60 4 |
|||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1963–1965 | Suid-Afrika | 7 | (12) | ||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
1976 1980–1981 |
Oranje-Vrystaat Suid-Afrika |
Op provinsiale vlak het Smith die Oranje-Vrystaat tussen 1956 en 1965 in 60 wedstryde verteenwoordig, waarvan hy in 37 die kaptein was. Hy het in 1966 in vier wedstryde vir die Griekwas gespeel. As afrigter van provinsiale spanne het Smith, saam met Sakkie van Zyl, die span van die Oranje-Vrystaat in 1976 tot hul eerste Curriebekertitel gelei. Het was ook die afrigter van die Oostelike Provinsie en Noord-Vrystaat in Suid-Afrika, Ballymena in Ierland en Rovigo in Italië.
Smith het Suid-Afrika in sewe toetse verteenwoordig as skrumskakel tussen 1963 en 1965, waarvan hy in vier die kaptein was. Sy eerste Springbokwedstryd was teen Australië in 1963 en in 1964 was sy eerste wedstryd as kaptein teen Frankryk. In sy Springbokloopbaan het Smith een drie gedruk en drie strafdoele oorgeskop vir ’n totaal van twaalf punte. Smith het voorts ook in twaalf toerwedstryde vir die Springbokke gespeel.
In 1980 tot 1981 was Smith die Springbokafrigter en die span het onder sy leiding twaalf uit die vyftien wedstryde gewen. Daarbenewens was hy vir ’n dekade lank, van 1971 tot 1981, ’n keurder vir die Springbokke. Smith is een van ’n uitgelese groep wat die Springbokke as speler, kaptein en afrigter verteenwoordig het.
Bron
wysig- Die Kapteins, Edward Griffiths, 2001, ISBN 1-86842-116-3
- (en) "RIP – Cornelius Michael "Nelie" Smith (1934–2016)" (html). Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 2 Mei 2016. Besoek op 6 Mei 2016.
Eksterne skakels
wysigVoorafgegaan deur Abie Malan |
Springbokkaptein 1964 |
Opgevolg deur Dawie de Villiers |