Neodimiumheksaboried
Neodimiumheksaboried is 'n verbinding van neodimium en boor met die chemiese formule NdB6.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Neodimiumheksaboried |
Chemiese formule | NdB6 |
Molêre massa | 209,11 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 12008-23-0[1] |
Voorkoms | swart vastestof[1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | 407,0-412,9 pm[2] |
Ruimtegroep | Pm3m |
Nommer | 221 |
Strukturbericht | D2₁ |
Smeltpunt | 2610 °C[2] |
Kookpunt | |
Digtheid | 4,9 [g/cm3][2] |
Oplosbaarheid | |
Hardheid | 23,8 GPa[2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit is 'n vuurvaste stof wat 'n goeie elektriese geleier is.
Kristalstruktuur
wysigNdB6 kristalliseer in die kubiese kalsiumheksaboried-struktuur. Dit is die D21-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie[2]
Chemiese eienskappe
wysigNdB6 kan deur boogsmelting van die elemente vervaardig word. 'n Ander metode is uit NdO3 en B4C in 'n oond by 1500 °C.[2]
Fyne poeiers kan deur meganochemiese sintese by kamertemperatuur verkry word deur Nd saam met B2O3 en magnesium in 'n balmeul te vermaal. Enkelkristalle is verkry uit 'n smelt van aluminium by 1300 °C. Ná afkoeling word die aluminium verwyder deur dit in verdunde soutsuur op te los.[2]
Fisiese eienskappe
wysigDie stof ondergaan 'n oorgang van antiferromagneties na paramagneties met TN=8,45K.[3]
Gebruike
wysigNdB6 het baie toepassings in gevorderde tegnologieë vanweë sy voortreflike eienskappe soos hoë smeltpunt, hoë hardheid, lae dampdruk, chemiese stabiliteit, supergeleiding en goeie neutronabsorpsie-dwarssnit. NdB6 is 'n kandidaatmateriaal vir neutronabsorbeerdertoepassing in kernreaktors as gevolg van hoë neutronabsorpsie-dwarssnit van booratoom (3800 barn vir die 10B-isotoop). Dit kan vanweë sy lae werkfunksie van 1,6 eV as elektronemitter gebruik word in toerusting wat elektronstrale gebruik soos elektronmikroskope, elektronversnellers of in elektronstraalsweiswerk. NdB6 is, soos ander lantaniedheksaborides, geskik vir sensors om fotons op te spoor as gevolg van sy foto-emissie-eienskap. NdB6 is 'n potensiële materiaal vir toepassings vir elektromagnetiese koppelvlakafskerming om elektroniese toerusting teen elektromagnetiese besoedeling te beskerm.[2]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Neodymium hexaboride". Heeger.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 2,7 Sonber JK, Murthy TSRC, Paul B, Majumdar S, Sairam K, Sahoo D (2024). "Studies on synthesis, densification, and characterization of neodymium hexaboride". Int J Appl Ceram Technol. 21: 1425–1437. doi:10.1111/ijac.14659.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Hacker, H. ; Lin, M. S. "Magnetic susceptibility of neodymium hexaboride". Solid State Communications. 6 (6): 379–381.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)