Newcastle, Noord-Ierland
Newcastle is 'n klein kusdorp in die Noord-Ierse graafskap Down met 'n bevolking van 7 444 volgens die sensus van 2001. Die nedersetting, wat administratief aan die Distriksraad vir Newry, Mourne en Down behoort, staan veral bekend vir sy buitengewone ligging aan die Ierse See en aan die voet van die Mourne Mountains, die bergreeks met die hoogste piek in Noord-Ierland, Slieve Donard.
Newcastle | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 54°12′54″N 5°53′24″W / 54.21500°N 5.89000°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Noord-Ierland |
County | Down |
Bevolking | |
• Totaal | 7 444 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | BT33 |
Skakelkodes | 028 |
Toeristeaantreklikhede in die gebied sluit naas Newcastle se seepromenade en sandstrand die Royal County Down Golf Club en die Murlough-natuureservaat in, die grootste sandduinhabitat in die Verenigde Koninkryk.
Nadat miljoene pond aan die opgradering van plaaslike fasiliteite bestee is, het Newcastle begin om homself as activity resort te bemark. Sukses is onder meer behaal met die plaaslike Halloween-feesviering wat intussen 'n karnavalagtige karakter gekry het.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Newcastle, Noord-Ierland.
- The Guardian, 8 Augustus 2014: Let's Move to Newcastle, County Down