Nezahualcóyotl
Nezahualcóyotl (Spaans: Ciudad Nezahualcóyotl, [sjuˈðað nesawalˈkoʝotɬ], of kort Ciudad Neza) is die tweede grootste stad in die Meksikaanse deelstaat México ná Ecatepec de Morelos en dit is op 23 April 1963 gestig. Die stad het in 2020 'n bevolking van 1 077 208 en van 21 804 515 in die metropolitaanse gebied van Meksikostad gehad en beslaan 'n oppervlakte van 63,74 km².
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Meksiko |
Deelstaat | México |
Koördinate | 19°24′N 98°59′W / 19.400°N 98.983°W |
Gestig op | 23 April 1963 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 63,74 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 220 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 1 077 208 |
- Bevolkingsdigtheid | 17 026,4/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 21 804 515 |
Tydsone | UTC -6 (CST) |
Somertyd | UTC -5 (CDT) |
Burgemeester | Adolfo Cerqueda Rebollo |
Amptelike webwerf | neza.gob.mx |
Nezahualcóyotl is geleë net noordoos van die hoofstad Meksikostad, net suid van Ecatepec de Morelos en is een van die armste stede in Meksiko. Die stad is vernoem ná Nezahualcoyotl, 'n magtige heerser van die Asteke tussen 1429 en 1472, wat dié gebied beheers het. Die naam beteken "vastende kojote" in Nahuatl. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nezahualcóyotl.
- (es) Amptelike webwerf