Ngotshe-broodboom
plantspesie
Die Ngotshe-broodboom (Encephalartos aemulans) is 'n seldsame spesie van die genus Encephalartos, dit kom slegs op een berg naby Vryheid, KwaZulu-Natal voor. In Engels staan die broodboom as die Ngotshe cycad bekend.
Ngotshe-broodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. aemulans
|
Binomiale naam | |
Encephalartos aemulans Vorster, (1990)
|
Die boom word tot 1,5 m hoog en die stam word tot 350 mm in omtrek. Die boom is eenslagtig, manlike en vroulike bome is afsonderlike eksemplare.
Die plant se FSA-nommer is 14.5.[1]