Nhlangano
Nhlangano is die vierde grootste nedersetting in Eswatini en die setel van die distrik Shiselweni.
Nhlangano | |
---|---|
Die middedorp van Nhlangano met jakarandas in volle blom | |
Koördinate: 27°07′00″S 31°12′00″O / 27.11667°S 31.20000°O | |
Land | Eswatini |
Distrik | Shiselweni |
Hoogte | 1 050 m (3 440 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 9 016 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Die dorp is vroeg in die 1920’s deur Afrikaners as ’n landbousentrum aangelê en het lank as Goedgegun bekendgestaan. Hierdie Afrikaners het die NG gemeente Goedgegun in 1922 gestig en die Gereformeerde kerk Goedgegun in 1926. Eersgenoemde bestaan nog en het einde 2014 90 belydende en 36 dooplidmate gehad, maar die Gereformeerde gemeente het weggekwyn en in 1964 ontbind. Laat in die 1970’s was hier nog 250 wit inwoners uit ’n inwonertal van 1 700.
Die naam Nhlangano beteken “plek van ontmoeting”. Die dorp lê aan die Ngwavumarivier. In 1947 het die destydse Britse monarg, koning George VI, die Swazikoning Sobhuza II op die dorp ontmoet om hom te bedank vir Eswatini se bydrae toe die oorlogspoging.
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Olivier, ds. P.L. 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.