Nic Stevens
Nic Stevens is die verhoognaam van Stephan Snyman, 'n Afrikaanse sanger wat ook saam met sy bloedbroers in die musiekgroep Broers optree. Sy eerste album, Everybody, is in 2001 deur Snyman-musiekproduksies vrygestel. In 2004 word sy eerste Afrikaanse album, Jonk Bly uitgereik. Hy is bekend vir treffers soos Toeter Skoeter, Jonk Bly, Dis altyd lente en Jy maak my mal.
Nic Stevens | |
---|---|
Geboortenaam | Nicolaas Stephanus Snyman |
Gebore | 28 Julie 1975 Kaapstad, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Musikant |
Instrumente | Stem, klavier, trompet, kitaar |
Etikette | Snyman-musiekproduksies (SMP) |
Assosiasies | Broers, Christo en Cobus |
Webwerf | diebroers.co.za |
Snyman het 'n B.Mus-graad by die Universiteit van Kaapstad verwerf met klavier as hoofinstrument. Hy bespeel ook die trompet en kitaar.[1]
In 2005 word sy liedjie Jonk Bly op kykNET se top 10 aangewys as die 4de beste liedjie van die jaar.
Diskografie
wysig- Toeter Skoeter, SMP
- Jonk Bly, 2004 SMP
- Everybody, 2001 SMP
Verwysings
wysig- ↑ Nic Stevens sing Ondangwa aan die brand[dooie skakel], Die Republikein, 26 April 2007.