Nissan Murano
Die Nissan Murano is 'n middelgrootte oorkruis SNV wat sedert 2002 deur die Japannese motorvervaardiger Nissan vervaardig word. Die Murano was Nissan se eerste oorkruis SNV vir die Verenigde State en Kanada. Die eerste geslag Murano is aanvanklik ontwerp deur "Nissan America" in La Jolla, Kalifornië, en is gebaseer op die Nissan FF-L platform wat die eerste keer gebruik is deur die derde geslag Altima.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Nissan |
Produksie | Mei 2002–2007 |
Modeljare | 2003-2007 |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 4-deur SNV |
Platform | Nissan FF-L |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 3.5 L Nissan VQ35DE V6 2.5 L Nissan QR25DE I-4 (Japan) |
Ratkas | Palwisselratstelsel |
Lengte | 4770 mm |
Breedte | 1880 mm |
Hoogte | 1709 mm |
Massa | 1807 kg (AWD) |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Nissan Altima Nissan Maxima Nissan Quest Nissan Teana Nissan Rogue |
Oorsig | |
---|---|
Produksie | 2014–huidig |
Modeljare | 2015–huidig |
Montering | Canton, Mississippi (Nissan VSA) Dalian, China (Dongfeng Motor Company) |
Ontwerper | Ken Lee (2012) |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 4-deur SNV |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf/ Alle-wieldryf |
Platform | Nissan D platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 3.5 L Nissan VQ35DE V6, 260 pk |
Ratkas | Palwisselratstelsel 6-gang outomaties |
Lengte | 4887 mm |
Breedte | 1915 mm |
Hoogte | 1689 mm |
Asafstand | 2824 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Nissan Altima Nissan Maxima Nissan Teana Nissan Pathfinder |
Die Murano was Nissan se enigste oorkruis SNV in die VSA tot September 2007, toe die nuwe 2008 Nissan Rogue daar vrygestel is. In Kanada het die X-Trail verkoop as Nissan se tweede motor-gebaseerde SNV sedert 2005; dit is vervang deur die nuwe 2008 Nissan Rogue teen die einde van 2007. Die Murano pas tussen die Xterra en die Pathfinder in, maar het 'n effens hoër prysetiket as die Nissan Pathfinder.
Die SNV is vernoem na Murano in Italië.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |