Maak hoofkeuseskerm oop

Noersoeltan Abisjewitsj Nazarbajef (Kasaks: Nursultan Ábishuly Nazarbaev; gebore 6 Julie 1940) is die president van Kasakstan.[1] Nazarbajef is sedert Kasakstan se onafhanklikheid van die Sowjetunie in Desember 1991 die president, maar is al vanaf 1989 die land se leier. Hy was aanvanklik die Eerste Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek. In April 2011 is Nazarbajef vir 'n verdere vyf jaar herkies.[2] In Februarie 2014 het hy voorgestel dat Kasakstan se naam na "Kazakh Eli" verander word.[3]

Noersoeltan Nazarbajef
Nursultan Nazarbaev
Noersoeltan Nazarbajef
Noersoeltan Nazarbajef in 2013

President van Kasakstan
Ampstermyn
16 Desember 1991 – 20 Maart 2019
Vise Jerik Asanbajef (1991–96)
Eerste minister Sergej Teresjtsjenko
Akezjan Kazjegeldin
Noerlan Balgimbajef
Kasim-Zjomart Tokajef
Imangali Tasmagambetof
Danijal Akhmetof
Karim Massimof
Serik Achmetof
Karim Massimof
Bachitzjan Sagintajef
Askar Mamin
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Kasim-Zjomart Tokajef

2de Voorsitter van Nur Otan
Ampsbekleër
Termynaanvang
4 Julie 2007
Voorafgegaan deur Bachitzjan Zjoemagoelof

Voorsitter van die Opperste Sowjet van die Kazachstanse SSR
Ampstermyn
22 Februarie 1990 – 24 April 1990
Eerste minister Oezakbaj Karamanof
Voorafgegaan deur Kilibaj Medeoebekof
Opgevolg deur Erik Asanbajef

Eerste Sekretaris van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Kazachstanse SSR
Ampstermyn
22 Junie 1989 – 14 Desember 1991
Voorafgegaan deur Gennadi Kolbin
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Eerste Minister van die Kasakstanse Republiek
Ampstermyn
22 Maart 1984 – 27 Julie 1989
Voorafgegaan deur Bajken Asjimof
Opgevolg deur Oezakbaj Karamanof

Persoonlike besonderhede
Gebore 6 Julie 1940 (1940-07-06) (79 jaar oud)
Tsjemolgan, Kazachstanse SSR, Sowjetunie
Politieke party Kommunistiese Party (1962–1991)
Onafhanklik (1991–1999)
Noer Otan (1999–hede)
Eggenoot/eggenote Sara Nazarbajewa (née Konakajewna) (sedert 1962)
Kind(ers) 3 (Dariga, Dinara, Alija)
Religie Soennitiese Islam
Handtekening Signature of Nursultan Nazarbayev.png
Nazarbajef op 'n Kasakse posseël.

Op 20 Maart 2019 het Noersoeltan Nazarbajef as president van Kasakstan bedank en is deur sy partygenoot Kassym-Jomart Tokajef opgevolg. Gelyktydig is die land se hoofstad Astana na Noersoeltan hernoem.[4]

VerwysingsWysig

  1. (zh) "哈萨克斯坦总统纳扎尔巴耶夫". 新华网. Xinhua News Agency
  2. (en) Staff writer (4 April 2011). "Kazakhstan President Nazarbayev wins re-election". BBC News Asia-Pacific. BBC News. Besoek op 7 Februarie 2014.
  3. (en) http://www.bbc.com/news/blogs-news-from-elsewhere-26082740
  4. (en) "Nursultan: Kazakhstan renames capital Astana after ex-president". BBC News. 20 Maart 2019.

Eksterne skakelsWysig