Olga Kosakiewicz
Olga Kosakiewicz was 'n student van Simone de Beauvoir en het 'n romantiese verhouding met beide Simone en Jean-Paul Sartre gehad gedurende die herfs van 1935, toe Olga 18 jaar oud was. Die verhouding is verewig in De Beauvoir se eerste roman L'Invitée (Die uitgenooide, in Engels beskikbaar as She came to stay), wat in 1943 gepubliseer is. Die boek is opgedra aan Olga (haar van word aangedui as Kosakievicz in die Engelse Norton vertaling).
Olga Kosakiewicz | |
Geboorte | 6 November 1915 Kiëf, Russiese Ryk |
---|---|
Sterfte | 1983 |
Nasionaliteit | Frans, Russies |
Beroep(e) | Aktrise |
Deirdre Bair se biografie van Simone de Beauvoir ondersoek onder meer dié verhouding.