Olyfkopwewer
Die olyfkopwewer (Ploceus olivaceiceps) is 'n skaars standvoël in miombo-boomveld met volop epifitiese korsmos. Daar is ongeveer 100 pare om Panda in Suid-Mosambiek. Die voël sluit dikwels by voëlgroepe aan om prooi van takke af te pik. Hulle broei alleen in 'n goed gekamoefleerde nes van korsmos wat 'n langerige ingangstoneel het en onder 'n tak in die blaredak van 'n hoë boom hang. Die voël is 14 cm groot en weeg 18 – 24 gram. In Engels staan die voël bekend as die Olive-headed Weaver.
Olyfkopwewer | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. olivaceiceps
|
Binomiale naam | |
Ploceus olivaceiceps (Reichenow, 1899)
|
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2012). "Ploceus olivaceiceps". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)