Onverwacht, Gauteng
Onverwacht is 'n dorp in die Tshwane Metro in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika. Die nedersetting is ongeveer 40 km noord-oos van Pretoria geleë, naby die myndorp Cullinan.[2]
Onverwacht | |
---|---|
Koördinate: 25°36′14″S 28°36′0″O / 25.60389°S 28.60000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,24 km2 (0,48 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 518 |
• Digtheid | 1 224/km2 (3 170/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 19.8% |
• Swart mense | 78.3% |
• Ander | 1.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 29.8% |
• Noord-Sotho | 29.3% |
• Sotho | 14.2% |
• Suid-Ndebele | 11.0% |
• Ander | 15.7% |
Poskode (strate) | 0557 |
Poskode (posbusse) | 0557 |
Onverwacht is in 1886 deur pres. Paul Kruger gestig. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is aan die plaaslike swart mense hul eie grond belowe as hulle die Boere in die oorlog sou help, en die belofte is nagekom ten spyte daarvan dat die Boere verslaan is. Die dorp is ook die plek van die Slag van Onverwacht, wat op 4 Januarie 1902 plaasgevind het.[3]
Vandag is Onverwacht die tuiste van ongeveer 100 swart Afrikanerfamilies. Die plaaslike inwoners het 'n petisie aan die regering gerig om hul dorp as 'n erfenisterrein te verklaar.