Oos-Londen-kusnatuurreservaat
Oos-Londen-kusnatuurreservaat is 'n beskermde gebied in die Oos-Kaap, Suid-Afrika wat deur Oos-Kaap Parke bestuur word.[1] Dit beslaan 'n gebied van 3 424 hektaar en sluit 12 kleiner natuurreservate en beskermde gebiede in.[2]
Die hoofredes vir sy bestaan is die bewaring van die streek se biodiversiteit, beskerming van natuurlike plantegroei en bestuur van buiteaardse plantegroei.[3]
Parke
wysigDie natuurreservaat is saamgestel uit verskeie losstaande kleiner parke met 'n totale oppervlakte van 3 424 hektaar. Dit strek van die Groot-Keirivier in die ooste tot by die Chalumnarivier in die weste, langs ongeveer 250 km se kuslyn.[4] Die parke is die volgende:
Kusparke
wysig- Cape Morgan Natuurreservaat
- Dubbelmond Natuurreservaat
- Kaap Henderson Natuurreservaat
- Gulu Natuurreservaat
- Kwelera Natuurreservaat (toeganklik deur die Kwelera Nasionale Botaniese Tuin )
- Nahoon Natuurreservaat
- Gonubie
- Kidd's Beach
- Kayser's Beach
- Chalumna
- Chintsa-Wes
Binnelandse parke
wysigOnder die parke wat na die binneland geleë is, is die volgende:
- Fort Pato Natuurreservaat
- Umtiza Natuurreservaat
Sien ook
wysig- Suid-Afrikaanse Nasionale Parke
- Beskermde gebiede van Suid-Afrika
Verwysings
wysig- ↑ "East London Coast Nature Reserve". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2012. Besoek op 12 April 2012.
- ↑ "East London Coast Nature Reserve, East London Information | WhereToStay.co.za". www.wheretostay.co.za (in Engels). Besoek op 14 Oktober 2020.
- ↑ "East London Coast Nature Reserve, Eastern Cape". www.sa-venues.com. Besoek op 14 Oktober 2020.
- ↑ East London Coast Nature Reserve, Eastern Cape
Eksterne skakels
wysig