Groot-Keirivier
Die Groot-Keirivier is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit ontspring in die Stormberg en vloei vir ongeveer 320 km voor dit by Keimond noord van Oos-Londen in die Indiese Oseaan uitmond.
Groot-Keirivier | |
---|---|
Monding van die Groot-Keirivier aan die Indiese Oseaan
| |
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Stormberg 32°13′34″S 27°30′36″E / 32.22611°S 27.51000°O |
Monding | Keimond Indiese Oseaan |
Lengte | 320 km (199 myl) |
Monding-hoogte | 1 m |
Koördinate: 32°40′34″S 28°22′51″O / 32.67611°S 28.38083°O |
Die Groot-Keirivier was voor 1994 die grens tussen die destydse Transkei en die Kaapprovinsie. Die Amatola-ghieliemientjie is endemies aan die rivier.