Swart-Keirivier
Die Swart-Keirivier is 'n rivier wat in die Oos-Kaap in Suid-Afrika vloei.
Swart-Keirivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoofrivier | Groot-Keirivier |
Oorsprong | Tsolwana |
Sytak -links | Klaas Smitsrivier |
Sytak -regs | Klipplaatrivier |
Monding | Groot-Keirivier |
Monding-hoogte | 625 m |
Koördinate: 32°13′34″S 27°30′36″O / 32.22611°S 27.51000°O |
Nedersettings aan die oewers van die Swart-Keirivier sluit in: McBride Village, Qabi, Ntabelanga, Thornhill, Loudon, Mitford, Basoto, Baccle's Farm en Tentergate; asook die Tsolwana-natuurreservaat.
Die Thriftdam is die enigste beduidende opgaardam in die rivier. Tans is hierdie rivier deel van die Mzimvubu tot Keiskamma Waterbestuursgebied.[1]
Die Klaas Smits en Klipplaatriviere vorm sy hoofsytakke. Die water van die rivier vloei uiteindelik in die Groot-Keirivier in.
Verwysings
wysigHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |