Opel Manta
Die Opel Manta is 'n agterwielaangedrewe sportkoepeemotor wat van 1970 tot 1988 in twee generasies deur die Duitse vervaardiger Opel vervaardig is.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Opel |
Produksie | 1970–1988 |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Sportmotor |
Bakstyl | 2-deurkoepee 3-deur luikrug |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Opel GT |
Opvolger | Opel Calibra |
Die Manta was 'n halfsportiewe koepee gebaseer op die Ascona gesinsmotor, soortgelyk aan sy mededingers die Ford Falcon-gebaseerde Mustang en die Ford Capri. Sy naam kom van die Manta-seerog.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |